76mm rocket oonddeksel
Doringboom Rocket Stoof – Konveksie Oonddeksel 28(l) x 28(b) x 18cm(h)
Van ’n braaiplaat na ’n oond – met een eenvoudige deksel.
Die Doringboom se oonddeksel verander jou braaiplaat in ’n praktiese houtvuur-oond.
Plaas jou pot, pan, brood, vleis of bakgereg op die braaiplaat en sit die spesiaal ontwerpte oonddeksel bo-oor. Die deksel hou die warm lug en hitte rondom die kos vas, sodat dit van onder én rondom verhit word – soortgelyk aan die beginsel van ’n konveksie-oond.
Houtvuur – geen elektrisiteit nodig nie
Bak brood, potbrood en gebak
Rooster en gaarmaak vleis
Ideaal vir pizza en ander oondgeregte
Gebruik jou bestaande braaiplaat as ’n oondDie groot voordeel is veelsydigheid: jou rocket stoof bly ’n braaiplaat, maar met die oonddeksel kry jy ’n tweede funksie wanneer jy wil bak of stadig gaarmaak.
Een stoof. Een vuur. Verskeie maniere om kos te maak.
Doringboom Rocket Stowe
Houtvuur wat meer doen.
R550.00
