Rocket stoof donkey geyser 75lit
75ℓ Donkey Geyser – Hitte Wat Harder Werk
Die houtvuur maak jou kole.
Die hitte verhit tot 75ℓ water.
Die 76mm trekpyp dra die warm rookgasse deur die geyser en verhoog die hitte-oordrag.
Waar die warm rookgasse bo uitkom, kan jy ’n pot of pan plaas en kos gaarmaak.
Hierdie is nie net ’n stoof nie – dit is ’n volwaardige houtvuur-warmwatersisteem.
Die 75ℓ staal Donkey Geyser staan direk op die kolebak van die 150mm Doringboom-stoof. ’n 76mm gegalvaniseerde vierkantpyp loop deur die middel van die geyser en trek die vuur en hitte deur die waterkamer.
Die stelsel beskik oor ’n water inlet en outlet, asook ’n air trap vir behoorlike werking van die waterstelsel.
Die hitte doen hier meer as een werk:
Die houtvuur maak jou kole.
Die hitte verhit tot 75ℓ water.
Die 76mm trekpyp dra die warm rookgasse deur die geyser en verhoog die hitte-oordrag.
Waar die warm rookgasse bo uitkom, kan jy ’n pot of pan plaas en kos gaarmaak.EEN HOUTVUUR – DRIE FUNKSIES
Warm water • Verhitting • Kook
Jy gebruik dus dieselfde houtvuur om jou water warm te maak én kos gaar te maak – met die ekstra voordeel dat die hitte wat deur die stelsel beweeg, optimaal benut word.
In ’n tyd van stygende elektrisiteits- en gaskoste is dit ’n eenvoudige, robuuste manier om meer waarde uit elke stuk hout te kry.
Doringboom – waar houtvuur harder vir jou werk.
R1,799.00
