Sien ons NUUTSTE produk – die gewilde Tabletop Stoof.
Vervang jou stoof met een van ons stowe
6mm Staal hou sy hitte lank.
Die 6 mm stoofplaat is gekies om die stoof volhoubaar te maak. Die hitte versprei vinnig deur die stoofplaat en word vir lank behou.
Kan uitmekaar gehaal word.
Die stoof kom vir gerief in los dele wat dit maklik maak om gou af te slaan en dan met min moeite in n voertuig gelaai word vir bos toe trek of kamp opslaan
Geen krag of gas benodig.
Met so min as fyn houtjies, droë blare of selfs papier kan jy ‘n maaltyd voorberei om vir jou gesin te sorg.
Vervang jou elektriese stoof.
Met n veeldoelige oonddeksel kan jy gaarmaak wat ookal jy gewoonlik in n oond kan doen. Behalwe vir die “extractor fan” het jy nou n volledige stoof in die bos

Ons nuutste toevoeging:
die Doringtakkie
‘n Ware kampeerder se droom,’n ligte, draagbare en veelsydige stofie wat jou kampeerervaring na ‘n nuwe vlak sal neem. Hierdie stoof is ontwerp vir gemak en gerief, maar glad nie lig in die broek nie. Met ‘n 5mm (40 x 40cm) bakplaat kan jy maklik ‘n brood bak, vleis braai of groente kook, reg langs jou tent op die groen gras.
Die stoof kom kompleet met ‘n oonddeksel, wat vir jou ‘n oond in die bos gee. Daars niks lekkerder as ‘n vars gebakte brood met egte appelkoos konfyt. Die stoof bevat ook ‘n temperatuurmeter om jou te help om die perfekte hitte vir jou geregte te handhaaf.
So in die middel van loadshedding kan jy nou vir jou gesin sorg. Hierdie stoof bied gemak en gerief in een pakket. Vir slegs R3750 (aflewering ingesluit) kry jy ‘n stoof wat jou kampeerervaring sal verbeter en jou die geleentheid gee om heerlike kos voor te berei sonder die luxury van krag en gas.
Wees voorbereid ons weet wat kom.
Ons produkte
Ons produkte
Baie geluk Mari!
Ons het n tyd gelede besluit om ons 50ste stoof gratis te gee. Dit het die 30ste Maart gebeur. Mari van Alberton het twee doringtakkies gekoop wat dan nr 49 en 50 is. Baie dankie vir jou ondersteuning Mari en baie geluk met jou Doringtakkie!